# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid vra voortgesette deursigtigheid en openbare betrokkenheid rakende ‘n bevestigde geval van die Hantavirus in Suid-Afrika. Die Departement van Gesondheid het die geval bevestig nadat die toestand van ‘n pasiënt aan boord van die passasierskip MV Hondius sy oorplasing na ‘n Johannesburgse hospitaal genoodsaak het. Die komitee se voorsitter, Faith Muthambi, sê hulle sal ontwikkelings noukeurig dophou, insluitend die vordering van kontakopsporing, oorgrens-inligting en die bestuur van gevalle.
Parlementêre komitee vra voortgesette openbare betrokkenheid rakende die Hantavirus-geval in SA