Skip to content

Parlementêre komitee vra Suid-Afrikaners om Tatjana Smith se besluit te respekteer

# Die parlementêre gekose komitee oor Onderwys, Wetenskap en die Skeppende Bedrywe sê Suid-Afrikaners moet Tatjana Smith se besluit om vir Nederland deel te neem, respekteer. Die land se mees bekroonde Olimpiese atleet het verlede week, kort nadat sy ná uittrede na die sport teruggekeer het, aangekondig dat sy Nederland by die 2028 Olimpiese Spele gaan verteenwoordig. Die komiteevoorsitter Makhi Feni sê dis ʼn geleentheid om nog ʼn Tatjana voor te berei en dit sal beter wees as daardie persoon uit ʼn voorheen benadeelde gemeenskap kom.