Skip to content

Parlementêre komitee sê tronke moenie sentrums vir verdere onwettighede wees nie

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê tronke moenie sentrums vir verdere onwettigheid wees nie. Die komitee het verlede week oorsigbesoeke gebring aan gevangenisse in die Oos- en Wes-Kaap. Die Departement van Korrektiewe Dienste is toenemend onder druk om toe te slaan op items wat onwettig in tronke gebruik word, en verbind word met geweld, afpersing en georganiseerde misdaadnetwerke wat van agter tralies bedryf word. Die komiteevoorsitter, Kgomotso Ramolobeng, sê tronke moet oortreders bemagtig en nuwe vaardighede aanleer.