# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Verdediging en Militêre Veterane verwelkom die inhegtenisneming van vyf lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en twee buitelanders in Musina, Limpopo. Hulle is vasgetrek na ʼn beweerde poging om onwettige smokkelaars in ʼn ongemagtigde operasie te onderskep en onwettige sigarette by ʼn militêre basis te versteek. Die weermaglede is borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan, maar hul Zimbabwiese medebeskuldigdes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die komitee sê hierdie weermaglede het geen plek in die SANW nie.
Parlementêre komitee oor Verdediging verwelkom inhegtenisneming van SANW-lede in Limpopo