# Die parlementêre gekose komitee oor Toewysings veroordeel die moorde op openbare ampsdraers wat in die uitvoering van hul pligte afkom op korrupsie en dit aanmeld. ‘n ANC-raadslid van Tshwane, Thabang Masemola, is Dinsdag vermoor terwyl die hoof van Ekurhuleni se Korporatiewe en Forensiese Ouditdepartement, Mpho Mafole, verlede week doodgeskiet is. Die komitee se voorsitter, Tidimalo Legwase, sê Mafole se moord is ʼn lafhartige daad wat diegene wil intimideer wat die openbare sektor probeer regruk. Sy vra dringende maatreëls om verklikkers te beskerm.
Parlementêre komitee bekommerd oor moorde op openbare ampsdraers