# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging verwelkom die ooreenkoms wat bereik is sodat Tongaat Hulett sakeredding kan verlaat en sy werksaamhede voortsit. Onder die voorwaardes van die ooreenkoms sal die Industriële Ontwikkelingskorporasie sy finansiële ondersteuning verleng sodat Tongaat Hulett kan voortgaan om handel te dryf terwyl die transaksie afgehandel word. Dit vorm ‘n basis om ‘n beraamde 250-duisend werksgeleenthede in die suikerindustrie te behou. Die komitee sê die redding van Tongaat Hulett moet gepaard gaan met aanspreeklikheid vir gebeure wat tot die maatskappy se val gelei het.
Parlementêre Handelskomitee verheug oor besluit om Tongaat Hulett te red