# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid is bekommerd oor maagdermkanaal-siektes in Bronkhorstspruit en omliggende gebiede in die Stad Tshwane. Die afgelope ses dae is ongeveer 160 diarree- en maagverwante siektes in die metro aangemeld. Tshwane sê ʼn siekte wat deur water oorgedra word is ʼn moontlike oorsaak, maar die ondersoek duur voort. Die komitee se voorsitter, Faith Muthambi, sê kommer bestaan oor die moontlike uitwerking op openbare gesondheid, veral as die uitbreking met watergehalte-probleme verband hou.
Parlementêre Gesondheidskomitee bekommerd oor maag-verwante siektes in Bronkhorstspruit