# Die Voorsittende Bamptes van die Parlement het die gewelddadige aanval op drie DA-lede van die Parlement veroordeel. Die voorsitter van die Polisie-portefeuljekomitee, Ian Cameron, Nicholas Gotsell en Lisa Schickerling is aangeval toe hulle van ‘n oorsigbesoek gister aan die polisiekollege in Philippi, Kaapstad teruggekeer het. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die voorsittende beamptes doen ‘n beroep op wetstoepassingsowerhede om te verseker diegene wat vir die laakbare daad verantwoordelik is, word vinnig aangekeer en voor die gereg gebring:
Parlement se voorsittende beamptes veroordeel misdadige aanval op drie DA LP’s in Kaapstad [KLANK]
ENG MothapoOnMPsAttack