# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het sy hartseer uitgespreek na die dood van EWN se mede-politieke redakteur, Tshidi Madia. Sy is gister na ʼn kort siekbed in die hospitaal oorlede. Die komiteevoorsitter, Khusela Sangoni Diko, sê Madia was een van die mees gerespekteerde stemme in Suid-Afrikaanse joernalisme en uiters professioneel. Sy sê Madia was bekend vir haar vermoë om met politieke figure oor die hele spektrum te kommunikeer en moeilike vrae te vra terwyl sy respekvol en professioneel bly.
Parlement sê dood van bekende joernalis, Madia laat leemte in politieke joernalistiek