# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Landbou sê Suid-Afrika maak goeie vordering met die beheer van bek-en-klouseer. Die agterstand met entstof sal na verwagting teen die middel van dié maand uitgewis wees. Die komitee sê 13,5-miljoen dosisse is bestel, waarvan 11,5-miljoen reeds afgelewer is deur verskaffers in Argentinië en Turkye. Van die jongste 3.5-miljoen dosisse wat ontvang is, sal 1,2-miljoen aan provinsies voorsien word. Die komitee sê laboratorium-toetsvermoë is uitgebrei en nuwe diagnostiese aanlegte in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap sal na verwagting waarnemings en teenoptrede versterk.
Parlement sê bek-en-klouseer-entstof-agterstand sal teen middel Junie uitgewis wees