Skip to content

Parlement sê aanstelling van nuwe raad vir OBK onder Mohai sal regeringsbestendigheid versterk

# Die Parlement se Staande Komitee oor Finansies sê die aanstelling van die adjunkminister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Seiso Mohai, as raadsvoorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie, is ‘n belangrike stap om bestendigheid in die regering te versterk. Hy vervang die adjunkminister van Finansies, David Masondo, wat verlede week die sesde persoon geword het om uit die raad te bedank. Die komitee se voorsitter, doktor Joe Maswanganyi, sê hy is vol vertroue dat Mohai saam met die raad bestendige en doeltreffende leierskap sal bied en verseker die korporasie bly gefokus op die vervulling van sy mandaat.