# Die Parlement wag op ‘n antwoord van die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, oor die vertraagde Wetsontwerp op die SABC. Die voorsitter van die portefeuljekomitee, Khusela Sangoni-Diko, beskou Malatsi se vroeëre plan om dit terug te trek as ongrondwetlik. Sy waarsku dat die openbare uitsaaier sal sukkel om ná Desember te funksioneer met slegs 193-miljoen-rand teenoor die miljarde wat benodig word. Sangoni-Diko het op SABC News beklemtoon dat regeringsondersteuning noodsaaklik is vir die vervulling van sy openbare mandaat:
Parlement eis antwoord van minister Malatsi oor SABC-wetsontwerp wat in die lug hang [KLANK]
ENG-Sangoni-DikoOnMalatsi