Skip to content

Parlement bekommerd oor onreëlmatighede by Agentskap vir die Administrasie van Staatspensioene

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie is bekommerd oor berigte van ernstige onreëlmatighede by die Agentskap vir die Administrasie van Staatspensioene. Dit volg na die skorsing van ‘n senior finansiële bestuurder wat geweier het om twyfelagtige betalings van meer as 21-miljoen-rand goed te keur. Bewerings van ‘n spookkontrak ter waarde van byna een-miljard-rand het ook aan die lig gekom. Die komitee het ‘n gesamentlike ondersoek met die staande komitee oor Finansies versoek, aangesien die agentskap 1,7-miljoen werknemers se pensioene bestuur.