# Die Parlement se staande komitee oor Finansies is bekommerd oor ongeveer 19 munisipaliteite wat sowat 1,7-miljard-rand in agterstallige pensioenfondsbydraes skuld. Munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes is verantwoordelik vir 79,4-persent van die algehele bedrag. Die voorsitter, Joe Maswanganyi, sê die komitee sal met die ministers van Finansies en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, die betrokke munisipaliteite en vakbonde in gesprek tree om vas te stel watter stappe gedoen word om die uitstaande geld te verhaal en aanspreeklikheid te verseker
Parlement bekommerd oor miljarde rand in agterstallige pensioenbydraes