# Die staatsbeheerde digitale verspreider Sentech waarsku hy sal die SABC se sein teen Desember afskakel indien die uitsaaier nie sy skuld van ‘n miljard-rand vereffen nie. Die SABC wil die seinkoste weer onderhandel te midde van vertragings met die aanvaarding van die Wetsontwerp op die SABC om ‘n nuwe befondsingsmodel te skep. Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Khusela Diko, sê dringende ingryping is nodig om die SABC te red en werksgeleenthede en gemeenskapsuitsendings te beveilig:
Parlement bekommerd omdat Sentech dreig om SABC-sein te sny weens onbetaalde skuld [KLANK]
ENG-DikoOnSABC