# Die Padvragvereniging sê die sukses van die regering se spoorhervorming hang af van bestendige regulasies, verbeterde infrastruktuur en goeie samewerking tussen pad-en spooroperateurs. Dit volg na die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se aankondiging dat elf spoorgleuwe aan privaat spoorvragmaatskappye toegeken is om jaarlikse vragvolumes te verhoog van 160- tot 250-ton. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê die spoorvragopknapping kan logistieke koste verminder en duisende werksgeleenthede skep.
Padvragvereniging sê spooropknapping kan logistieke koste drasties sny en duisende werksgeleenthede skep