Skip to content

Padvragvereniging sê dalende brandstofpryse sal vervoerkoste verlaag

# Die uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, Gavin Kelly, sê vervoerkoste begin afneem na die onlangse brandstofprysverlagings. Dieselpryse het vroeër die week met 21-sent per liter gedaal en petrol met 39-sent danksy die sterker rand. Brandstofpryse is wel steeds 21,4-persent hoër as verlede jaar, maar Kelly sê die laer koste om vragmotors te vul en logistiek sal verbruikers na verwagting bevoordeel. Hy beklemtoon volgehoue prysdalings sal ‘n positiewe uitwerking hê op inflasie en ekonomiese groei.