# Die Padongelukkefonds verwerp bewerings van die wanbetaling van afgehandelde eise aan de Broglio Prokureurs en sê rekords toon die onderneming bly die grootste enkele ontvanger van betalings die afgelope 20-maande. Volgens Moneyweb het die firma ‘n hofaansoek teen die fonds ingedien weens voortgesette wanbetaling van meer as 430 eise, ondanks skikkingsooreenkomste wat gesluit en hofbevele wat toegestaan is. Die fonds sê betalings aan de Broglio het van Oktober 2024 tot verlede maand 1,48-miljard-rand en een-duisend-608 eise beloop.
Padongelukkefonds verwerp bewerings oor wanbetaling van eise aan de Broglio Prokureurs