Skip to content

Padongelukkefonds verwerp berigte oor outomatiese aanspreeklikheid vir vergoeding na busongeluk in Limpopo

# Die Padongelukkefonds sê hy is nie outomaties aanspreeklik vir vergoeding na die busongeluk in Limpopo verlede week nie. Die ongeluk het die lewens van 43 mense geëis.  Die fonds beklemtoon elke eis moet afsonderlik ingedien en beoordeel word kragtens die Wet op die Padongelukkefonds, en aanspreeklikheid is net moontlik indien die ongeluk onregmatig veroorsaak is. Die fonds se woordvoerder, McIntosh Polela, doen ‘n beroep op die publiek om die afhandeling van ondersoeke te te laat voordat gevolgtrekkings gemaak word. Polela het sy meegevoel betuig aan die families wat geraak is.