# Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, is op spesiale verlof geplaas. Hy word beskuldig van sy betrokkenheid by ‘n omstrede huurooreenkoms ter waarde van 79-miljoen-rand vir kantore vir die fonds in Johannesburg, Gauteng. Die raad sê die stap is onmiddellik ingestel as ‘n voorsorgmaatreël, maar impliseer nie ‘n oortreding nie. Die Spesiale Ondersoekeenheid stel tans ondersoek in. Die Departement van Vervoer se woordvoerder, Collen Msibi, sê Phathutshedzo Lukhwareni sal as die waarnemende uitvoerende hoof waarneem.
Padongelukkefonds se uitvoerende hoof Collins Letsoalo op spesiale verlof te midde van SOE-ondersoek