# Aanhangers van die musieklegende Ozzy Osbourne sal hulde aan hom kan betoon wanneer sy stoet later vandag deur sy tuisstad Birmingham beweeg. Osbourne is op 22 Julie in die ouderdom van 76 dood, minder as drie weke nadat hy en Black Sabbath ‘n afskeidskonsert gehou het. Die Birmingham-stadsraad sê die geleentheid, wat deur ‘n privaat begrafnis gevolg sal word, sal sy familie die kans gun om die huldeblye te aanskou wat deur sy lojale aanhangers agter gelaat is.
Ozzy se begrafnisstoet op laaste reis deur Birmingham