Skip to content

Ouditeur-generaal veroordeel Gautengse munisipaliteite se verslegtende finansiële gesondheid

# Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, veroordeel die verslegtende finansiële toestand, ineenstorting van dienslewering, vervalle infrastruktuur en uiters swak gevolgebestuur in Gautengse munisipaliteite. Uit die provinsie se elf munisipaliteite het slegs Midvaal en Wes-Rand skoon oudits ontvang. Johannesburg se oudit het in die 2024/2025-boekjaar verswak van ʼn ongekwalifiseerde ouditmening tot ʼn gekwalifiseerde ouditmening. Dit volg nadat die metro versuim het om betekenisvolle foute reg te maak wat tydens die ouditproses geïdentifiseer is. Maluleke sê Johannesburg het dringend ingryping van oorsigstrukture asook die uitvoerende gesag nodig.