Skip to content

Orkaan Melissa nader Jamaika, oortref Katrina in sterkte

# Die kragtigste Karibiese storm in 2025, Orkaan Melissa, sal na verwagting dood en verwoesting saai in Jamaika. Die orkaan het Katrina verbygesteek om die sewende sterkste Atlantiese orkaan ooit te word. Die Wêreld-weerkunde-organisasie waarsku oor katastrofiese kitsvloede en grondverskuiwings met deinings van tot vier meter. Die Rooi Kruis berei intussen voor vir tot 1,5-miljoen mense in Jamaika wat deur die storm geraak sal word. Meer as 800 skuilings is opgerig vir mense wat moet ontruim in gebiede wat die swaarste getref word.