# Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling is bekommerd oor Suid-Afrika se tariefverhoging van tien-persent op ingevoerde sonkragtoerusting en waarsku dit kan die ontwikkeling van hernubare energie vertraag. Die organisasie sê hierdie stap kan projek-onkoste verhoog, beleggers afskrik en onsekerheid skep. Die tariefverhoging het ten doel om plaaslike vervaardiging te ondersteun, maar die organisasie sê dit kan misluk as die aanvraag nog nie gevestig is nie. Hy bepleit belyning met die Hernubare Energie-meesterplan en beveel ‘n gefaseerde, deursigtige strategie aan waarby die Inkomstediens en ander belanghebbendes ook betrek word.
Organisasie waarsku sonkragtariefverhoging kan groei van hernubare energie vertraag