Skip to content

Organisasie vra verlenging van openbare kommentaar oor Wetsontwerp op Verklikker-beskerming

# Platform to Protect Whistleblowers in Africa en ander burgerlike organisasies vra dat vandag se sperdatum vir openbare kommentaar op die Wetsontwerp op Verklikker-beskerming verleng word. Roshnee Narrandes van die organisasie het die konsepwetsontwerp gekritiseer en waarsku dit bied steeds nie genoeg beskerming aan verklikkers nie. Narrandes sê dissiplinêre optrede word dikwels gebruik as vergelding teen werknemers wat korrupsie blootlê. Die organisasie het agt leemtes geïdentifiseer, insluitend swak verslagdoeningstelsels en beperkte vergoeding. Narrandes waarsku ook werkgewers kan beskerming herroep, wat ‘n regstreekse belangebotsing skep.