# Women and Men Against Child Abuse sê herhaalde vertragings met die vonnisoplegging van die veroordeelde pedofiel, Iain Wares, ontsê sy slagoffer geregtigheid. Die voormalige onderwyser aan Rondebosch Boys Primary in Kaapstad is skuldig bevind in ‘n geskiedkundige saak van seksuele misbruik meer as drie dekades gelede teenoor ‘n leerder, wat destyds 12-jaar-oud was. Die organisasie se woordvoerder, Claudine Shiels sê dis noodsaaklik vir dié hoëprofielsaak om afgehandel te word sodat geregtigheid geskied en aanspreeklikheid gehandhaaf word.
Organisasie sê vertraging in geregtigheid benadeel slagoffer in Iain Wares-saak