Skip to content

OPUL+ stem in om meer olie te lewer nadat uitvoere deur Straat van Hormoes herstel

# Die Organisasie van Petroleum-uitvoerlande en sy bondgenote, insluitend Rusland, het ingestem om olieproduksie te verhoog terwyl verkeer deur die Straat van Hormoes onder die vooroorlogse vlakke bly. Die sewe olieproduserende lidlande sal die daaglikse lewering van Augustus af met 188-duisend vate verhoog. Dit is bykomend tot soortgelyke verhogings vir Junie en Julie. Golflande se olie-uitvoere het van Mei tot Junie met meer as drie-miljoen vate toegeneem tot meer as tien-miljoen vate per dag, maar die volume bly 40-persent minder as die vooroorlogse vlakke.