Skip to content

Oppenheimer-familie vra regering om beperkings op entrepreneurs te verlig

# Die Oppenheimer-familie het die regering gevra om beperkings op entrepreneurs te verlig. Die stigter van die mynmaatskappye Anglo American en De Beers sê rompslomp, swak groei en hoë koste bedreig klein sake-ondernemings wat 91-persent van Suid-Afrika se formele sektor uitmaak. Woordvoerder Jonathan Oppenheimer sê menige klein ondernemings sal hulle deure moet sluit onder die huidige inflasie-druk. Hy herhaal die Wêreldbank se oproep vir die uitwissing van burokratiese hindernisse wat ekonomiese groei onderdruk.