# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het tussen April en Junie 15 strafregtelike skuldigbevindings verseker, insluitend moord, verkragting deur polisiebeamptes, aanranding en marteling. Die polisiewaghond het een-duisend-171 nuwe sake ontvang, hoofsaaklik in die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, sê daar word beplan om 36 afgetrede speurders oor ‘n tydperk van drie jaar aan te stel om die agterstand van byna 15-duisend sake in brandpuntprovinsies aan te pak:
OPOD maak vordering ondanks uitdagings met agterstande [KLANK]
ENG SupingOnProgress