# Die Stad Kaapstad se Water- en Sanitasiedirektoraat is besig om ‘n nuwe kontrakteur aan te stel om die opgradering van Fynbosdam in Majik-woud, Bellville, te voltooi. Die metro belê nagenoeg 5,5-miljoen-rand in hierdie projek om die watervloei vanuit die dam deur die oorloopkanaal te verbeter. Die burgemeesterkomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê werk sal in April hervat word en sal na verwagting teen einde Junie voltooi sal wees.
Opgradering van Kaapstad se Fynbosdam in Majik-woud sal binnekort weer begin [KLANK]
ENG ZahidonFynbosDam