# Die eerste Lekgotla van Operasie Phumelela het by die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton byeengekom. Die Lekgotla fokus op die uitbreiding van uitvoere met die verbetering van regulatoriese raamwerke en hoe om globale beleggings te lok. Dit word gelei deur die uitvoerende hoof van die Johannesburgse Effektebeurs, Leila Fourie. Sy beklemtoon die byeenkoms is daarop gemik om kapitaalmarkte se mededingendheid in Suid-Afrika te verbeter en die land as ‘n streeks-finansiële spilpunt te posisioneer. Sy het verder daarop gewys dat Operasie Phumelela in sy strewe na sukses ook fokus op werkskepping en ekonomiese groei.
Operasie Phumelela Lekgotla fokus op verbetering van regulatoriese raamwerke