# Die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, het haar kantoor se 30-jarige herdenkingskonferensie in Kaapstad geopen. Die vierdaagse geleentheid vier die instelling se rol in die versterking van Suid-Afrika se demokrasie sedert 1995. Gcaleka moedig afgevaardigdes aan om na te dink oor die beskerming van menseregte, die handhawing van die wet en die behoud van grondwetlike beginsels. Sy het hulde gebring aan vorige openbare beskermers en personeel geprys vir hul veerkragtigheid, integriteit en toewyding aan geregtigheid gedurende uitdagende tye:
Openbare beskermer open 30-jarige herdenkingskonferensie in Kaapstad [KLANK]
ENG-GcalekaOnAnniversary