# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die borgtog van die 52-jarige onderwyser Vuyokazi Gana suksesvol teengestaan. Sy word beskuldig van mensehandel, dat sy ‘n bordeel bestuur het en wins uit prostitusie maak. Die Oos-Londense landdroshof het beslis dat geen buitengewone omstandighede haar vrylating regverdig nie. Gana, wat op 15 Oktober in hegtenis geneem is, het na bewering jong vroue tot prostitusie gedwing. Luxolo Tyali van die NVG sê die hof beklemtoon die erns van die oortredings:
Oos-Kaapse onderwyser borgtog geweier op aanklagte van mensehandel [KLANK]
ENG-TyaliOnGana