Skip to content

Ontwikkelingsentrum waarsku Johannesburg se agteruitgang bedreig Suid-Afrika se groei

# ‘n Onafhanklike organisasie sonder winsbejag, die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, sê die verergerende finansiële, infrastruktuur- en bestuurskrisisse in Johannesburg bedreig Suid-Afrika se ekonomiese groei. ‘n Verslag toon die stad skuld krediteure 25,2-miljard-rand, terwyl infrastruktuur-agterstande miljarde-rand beloop. Johannesburg se werkloosheidsyfer in die tweede kwartaal is 35,9-persent, ‘n verlies van 90-duisend werksgeleenthede oor 14-maande. Woordvoerder Refiloe Benjamin sê politieke onbestendigheid, insluitend nege burgemeesters en agt koalisies sedert 2016, ondermyn langtermyn-beplanning en belegging.