# Die hofsaak teen ’n persoon wat verbind word met die ontvoering van die joernalis Aserie Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli is om jurisdiksionele redes oorgeplaas vanaf Mamelodi in Pretoria na KwaMhlanga in Mpumalanga. Drie ander beskuldigdes sal later die week in dieselfde hof verskyn. ‘n Operasie het Sondag tot vier inhegtenisnemings gelei, met een verdagte wat glo laas saam met die paartjie gesien is. Ander het motoronderdele by hulle gehad wat vermoedelik aan Ndlovu behoort. ‘n Multidissiplinêre span ondersoek die saak. Die paartjie het in Februarie verdwyn.
Ontvoeringsaak van joernalis word oorgeplaas na hof in Mpumalanga