# Duisende mense in die kusstreke van Chili en Argentinië is na hoër gebiede ontruim toe Chileense owerhede ’n tsoenami-waarskuwing uitgereik het ná ’n aardbewing met ‘n sterkte van 7,4 aan die suidkus van die land. Die Amerikaanse Geologiese Diens sê die middelpunt was 219 kilometer van Ushuaia in Argentinië, die wêreld se mees suidelike stad. Die aardbewing het op ‘n vlak diepte van slegs 10 kilometer plaasgevind. Sowat 32 mense is ook by Chili se navorsingsbasisse in Antarktika ontruim. Chili word gereeld deur aardbewings geraak, aangesien drie tektoniese plate binne sy grondgebied bymekaarkom.
Ontruimings in Chili en Argentinië na tsoenami-waarskuwing