# Die Ghanese ministerie van Buitelandse Sake sê hy het die beplande ontruiming van Ghanese wat aangedui het dat hulle onveilig voel in Suid-Afrika, uitgestel. Meer as 800 Ghanese het by hul Hoë Kommissaris in Pretoria geregistreer om ontruim te word weens die jongste vlaag xenofobiese aanvalle. Die ministerie sê, gegewe die betrokke getalle en die Suid-Afrikaanse wetlike voorwaardes waaraan voldoen moet word, insluitend verpligte passasierskeuring, multi-institusionele koördinering en vlugpermitte, is die beplande ontruiming met ‘n paar dae uitgestel.
Ontruiming van meer as 800 Ghanese uit Suid-Afrika met ‘n paar dae vertraag