# Die ontruiming van gewonde soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag uit die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo begin dié week. Daar is byna 190 gewonde en siek Suid-Afrikaanse soldate in die DRK, van wie ten minste vyf ernstig beseer en twee swanger is. Die soldate is verlede maand gewond in gevegte teen die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Gewonde soldate uit Tanzanië en Malawi sal ook ontruim word in ‘n operasie gelei deur die Verenigde Nasies.
Ontruiming van gewonde SANW-soldate uit DRK begin dié week