# Volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste armoede-verslag leef sowat 23-miljoen Suid-Afrikaners, of 37,9-persent van die bevolking, tans onder die laagste vlak van die broodlyn. Dis ʼn aansienlike daling teenoor die 46,7-persent in 2015. Armoedevlakke het tussen 2015 en 2023 in alle ouderdomskategorieë gedaal, met die grootste dalings in Limpopo, die Oos-Kaap en Mpumalanga. In Gauteng was ʼn toename van 26,3-persent in 2015 tot 26,5-persent in 2023. StatsSA sê beter ingryping is nodig om ongelykheid aan te spreek.
Ongeveer 23-miljoen Suid-Afrikaners leef onder die onderste broodlyn