Skip to content

Onderwysvakbond betreur die tragiese dood van leerders in die Oos-Kaapse vloede [KLANK]

# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê die verlies aan jong lewens is nie slegs vir die families ‘n tragedie nie, maar vir die hele nasie. Dit volg na die dood van agt leerders van die Jumba Senior Secondary School in die Oos-Kaap na hulle skoolbus Dinsdag deur vloedwaters meegesleur is. Hulle liggame is gister gevind. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi sê die pyn en angs wat die families ervaar het, is onbegryplik:

ENG NomusaonFloods