Skip to content

Onderwyskomitee versoek Walter Sisulu-studente om hofuitspraak te respekteer

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het studente van die Walter Sisulu-universiteit gewaarsku ‘n meningsverskil oor ‘n hofuitspraak regverdig nie misdadige optrede wat openbare veiligheid ondermyn nie. Drie studente is gister in hegtenis geneem na nog ‘n betoging. Dit volg nadat die koshuisbestuurder, Manelisi Mampane, wat beskuldig word van die moord op ‘n student, Sisonke Mbolekwa, Dinsdag deur die Mthatha-landdroshof op borgtog van tienduisend-rand vrygelaat is. Die voorsitter van die komitee, Tebogo Letsie, sê studente moet hul emosies opbouend en binne die wet rig.