Skip to content

Onderwyser van Soweto beskuldig van verkragting van negejarige gee homself oor aan polisie

# ‘n Onderwyser wat beskuldig word van die verkragting van ‘n negejarige leerder van die Busisiwe Primary School in Zola, Soweto, het homself aan die polisie oorgegee. Die Gautengse polisie het bevestig hy sal aangekla word van verkragting. Die onderwyser is gister voorlopig geskors nadat die bewerings gelei het tot betogings deur ouers en inwoners. Die LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het die skool besoek en gesê die kind en haar gesin het toegang tot sielkundige ondersteuning. Maile beklemtoon die bewerings is nog nie in ‘n hof getoets nie.