# Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat het belowe om die stryd teen staatskapingskorrupsie voort te sit na vier voormalige Transnet-bestuurders borgtog van 50-duisend-rand elk deur die Palm Ridge Handelsmisdaadhof toegestaan is. Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane staan tereg op 18 aanklagte, insluitend korrupsie. Henry Mamothame van die direktoraat sê die saak hou verband met ‘n lokomotieftender van miljoene rand wat na bewering onreëlmatig aan ‘n Chinese firma toegeken is:
Ondersoekdirektoraat gereed om geregtigheid in staatskapingsaak te laat geskied [KLANK]
ENG-MamothameOnTransnet