Skip to content

Ondersoek aan die gang nadat vragskip en olietenkskip in Noordsee bots

# ʼn Ondersoek is aan die gang nadat ʼn olietenkskip en ʼn vragskip Maandag in die Noordsee langs die Britse kus gebots en ʼn reusebrand uitgebreek het. Ses-en-dertig bemanningslede is gered en een persoon is hospitaal toe geneem. Een bemanningslid word nog vermis, maar die kuswag sê die soektog is afgelas. Die betrokke vaartuie is die Amerikaans-geregistreerde Stena Immaculate, wat brandstof namens die Amerikaanse weermag vervoer het, en die Solong onder die Portugese vlag wat 15 vraghouers met die chemiese stof, natriumsianied, vervoer het.