# ‘n Stelselfout by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng veroorsaak tans vlugvertragings. Lugverkeer- en Navigasiedienste sê die onderbreking is gekoppel aan die vlugplanbestuurstelsel en veroorsaak die vlugvertragings en operasionele ontwrigtings. Passasiers word aangeraai om opdaterings te vra by lugdienste en twee-ure voor die tyd vir binnelandse vlugte aan te meld en drie-ure voor internasionale vlugte. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika werk saam met belanghebbendes om vertragings te verminder en gewone bedrywighede so gou as moontlik te herstel.
Onderbreking in lugverkeerbeheer veroorsaak groot vertragings by OR Tambo