# Die onafhanklike data-ontleder Michael O’Donovan voorspel ‘n rekord-lae kiesersopkoms in die plaaslikeregeringsverkiesing en verwag minder as die helfte van die geregistreerde kiesers sal deelneem. Altesaam 29-miljoen Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem. Hy sê dit word al hoe moeiliker om ‘n party te kies, aangesien stempatrone verander het. O’Donovan neem Johannesburg as voorbeeld en voer aan kiesers kom voor moeilike keuses te staan ten opsigte van dienslewering, gemeenskapsdeelname en etiese leierskap, wat baie mense moontlik kan ontmoedig om te stem.
Onafhanklike data-ontleder waarsku oor lae kiesersopkoms in verkiesing