# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê sy departement is verbind tot volhoubare ontwikkeling terwyl hy groei in hernubare-energie-infrastruktuur ondersteun. Die departement het van Junie 2024 tot Maart vanjaar 220 aansoeke vir studies oor die uitwerking op die omgewing van onafhanklike kragprodusente verwerk. George sê dit weerspieël aansienlike verbetering in die vereenvoudiging van reguleringprosesse, veral vir hernubare-energieprojekte, wat noodsaaklik is vir Suid-Afrika se oorgang na ʼn laekoolstof-ekonomie.
Omgewingsdepartement versnel verwerking van aansoeke vir omgewingsuitwerking