# Ongeveer 40 aktiviste, insluitend The Green Connection, Extinction Rebellion, en Project90by2030, asook kleinskaalse vissers betoog môre in Kaapstad onder die tema, Tug of War for Africa. Die G20 se ministeriële werksgroepvergadering oor die omgewing en klimaatsvolhoubaarheid vind ook môre in die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum plaas. Die aktiviste eis dat wêreldleiers ophou om subsidies vir fossielbrandstof te betaal, nuwe olie- en gasprojekte te staak en die oorgang na hernubare energie versnel.
Omgewingsaktiviste betoog vir staking van subsidies vir fossielbrandstof