# Oliepryse het wêreldwyd skerp gedaal en aandelemarkte skerp gestyg nadat die VSA en Iran op ’n voorwaardelike skietstilstand van twee weke ooreengekom het. Dit sluit die heropening van die belangrike Straat van Hormoes in. Die prys van Brent-ruolie, die internasionale maatstaf, het met ongeveer 13-persent gedaal tot 94-dollar-80 sent per vat, maar bly hoër as toe die konflik op 28 Februarie begin het. Aandelemarkte in Europa het hoër geopen na skerp stygings in Asië. Londen se FTSE 100-aandele-indeks het met 2,53-persent gestyg in openingshandel. In Frankryk het die Cac met vier-persent gestyg, terwyl Duitsland se Dazx met byna vyf-persent gestyg het.
Oliepryse tuimel en aandele styg skerp na VSA-Iran wapenstilstandooreenkoms