# Volgehoue hommeltuigaanvalle op Russiese olieraffinaderye het brandstofproduksie in die land erg ontwrig en wydverspreide brandstoftekorte by vulstasies in die hoofstad, Moskou, veroorsaak. Die krisis wat laat verlede maand ‘n hoogtepunt bereik het, het Russiese olieproduksie laat daal tot vlakke heelwat laer as die nasionale aanvraag. Die uitwerking is landwyd sigbaar en strek van groot stedelike gebiede soos Moskou tot afgeleë grensstreke en Russies-beheerde gebiede. Reuters berig onafhanklike vulstasies in Rusland het begin om brandstof die eerste keer te verkoop teen meer as 20-rand-81-sent per liter.
Oekraïnse hommeltuigaanvalle op Russiese olie-infrastruktuur veroorsaak wydverspreide brandstoftekorte